Die GPS koördinate is :

Camp Carlos:    26º04'59.60"S     32º57'09.90"O

Hawemeester:   25º58'37.37"S     32º34'16.23"O

Klub Nautica:     25º58'52.80"S     32º35'07.25"O

Klub Naval:        25º57'35.55"S     32º35'45.82"O

Camp Carlos is slegs bereikbaar met 'n 4 x 4 voertuig via Ponta grenspos of 'n boot vanaf Maputo hawe.

4 x 4 VOERTUIG

VANAF DURBAN

Neem die N2 snelweg noord.  Ná Mkuze neem die Jozini afdraai.  Ry deur Jozini, oor die damwal na Ponta de Oura grenspos. *Volg aanwysings soos uiteengesit hieronder

VANAF PRETORIA/JOHANNESBURG

Neem die N4 oos.  Ná Witbank draai jy af op die N11 na Hendrina / Ermelo.  Na Ermelo neem die N2 na Pongola.  As jy deur Pongola is, hou dan aan ry tot jy die Jozini afraai na links kry.  *Volg die aanwysings soos uiteengsit hieronder.

Aanwysings vanaf Ponta de Oura grenspos

OPSIE 1:  Toegang vanaf die Noordelike hek van die Olifantpark.

* Grenspostye  08h00 - 17h00

* Blaas  jou voertuig en waentjie se bande af as jy deur die grenspos is.

* Draai dadelik links as jy deur grenspos is.  26º51'83.60"S    32º49'76.20"O. Dit gaan lyk of  jy deur 'n taxi staanplek ry.

* Na 8,5km sal jy die kraglyne kruis.  Volg hulle reguit tot by die volgende afdraai.

* Volgende afdraai slap regs 26º31'46.85"S    32º43'13.83"O

* Hou aan op hierdie pad totdat jy die hek kry.  26º30'18.23"S    32º43'01.13"EO Toegang is R70 per persoon en R70 per voertuig.  Sleepwa is R30.  (Fooie kan verander).  Volg die kraglyne.  Onthou om die kwitansie te toon by die hek wanneer jy terug kom.  Anders moet jy weer betaal!

* Volg die kraglyne.  Volgende punt by kragpaal nr 353.    26º26'70.30"S    32º51'45.30"O  Hou reguit aan.

*  Santa Maria dorp.  Draai regs.  26º06'13.34"S    32º55'37.82"O  Volg bordjies wat wys Torres kamp.  Hou links.

*Strand.  26º05'33.06"S    32º57'02.42"O  Bel Santos (Kampbestuurder) by 00258 828 414 808 om jul te kom haal met die Rubber duck.  Santos en die kamppersoneel sal alle bagasie hanteer.  Die rit met die rubber duck duur 5min.  Parkering is beskikbaar teen R30 per voertuig per dag.

 

OPSIE 2:  Toegang vanaf die Suidelike hek van die Olifantpark.

* Hierdie is die beste roete

* Gedurende swaar neerslae word hierdie roete nie aanbeveel nie omdat die watervlak van die mere styg waardeur mens moet ry.

* Grenspostye.  08h00 - 17h00

* Blaas jou voertuig en waentjie se bande af sodra jy deur die grenspos is.

* Draai dadelik links nadat jy deur die grenspos is.  26º50'49.42"S    32º48'44.87"O   Dit gaan lyk asof jy deur 'n Taxi staanplek ry.

* Ry vir ongeveer 8,5km.  Neem die Ponta Mamoli afdraai na regs. 26º46'44.20"S     32º48'60.80"O. Ry vir ongeveer 3km

* Volgende afdraai na regs. Volg Ponta Mamoli bordjie 26º44'23.70"S    32º51'01.40"O  Ry op kort stukkie teerpad vir ongeveer 3.2km

* Draai  links op sandpad.  26º44'23.70"S    32º51'01.40"O 

* Gaan Olifantpark binne deur suidelike hek.  26º36'46.90"S    32º50'62.90"O  Toegangsfooie is R70 per persoon en R70 per voertuig.  Sleepwa is R30. (Fooie kan verander).  Onthou om die kwitansie te toon by die hek wanneer jy terug kom.  Anders moet jy weer betaal!

* Ry ongeveer 19km tot jy kragpaal nr. 353 voor jou sien.  26º26'70.30"S   32º51'45.30"O   Draai regs

* Ry ongeveer 44km tot by Santa Maria dorp.  Draai regs.  26º06'13.34"S    32º55'37.82"O  Volg die Torres kamp bordjies.  Hou links.

* Strand.  26º05'33.06"S    32º57'02.42"O  Bel vir Santos (Kampbestuurder) by 00258 828 414 808 om jou te kom haal met die rubber duck.  Santos en die kamppersoneel sal die bagasie hanteer.  Die rit met die rubber duck duur 5 min.  Parkering is beskikbaar teen R30 per voertuig per dag.

  Hierdie roete vanaf Ponta grenspos word glad nie aanbeveel indien jy 'n boot wil sleep nie. Jy kan wel 'n waentjie of Jetski sleep.

Prosedure deur Ponta grenspos:  - Stempel jou paspoort

                                               - Jou voertuig gaan geïnspekteer word

                                               - Stap oor na Mosambiek se kant

                                               - Vul vorms in vir elke paspoort en stempel. R17.00 per persoon

                                                - Vul vorms in vir jou voertuig se invoerpermit R10.00

                                             - Betaal 3e partyversekering R150.00/voertuig en 80.00/sleepwa

   Handige items vir die pad:  - Banddrukmeter

                                     - Pompie vir bande

                                     - Herwinningsrek

                                     - Graaf  (indien jy sou vassit of 'n draai wil gaan loop)

                                     - Drink en peuselgoed

                                     - Noodhulptassie

                                     - Spaarwiele

                                     - Flits

                                     - Toiletpapier vir 'n noodgeval

ONTHOU VOERTUIGREGISTRASIEPAPIERE EN 'N TOESTEMMINGSBRIEF INDIEN DIE VOERTUIG NIE JOU EIE IS NIE.

MET JOU EIE BOOT

As jy met jou eie boot wil kom visvang,  moet jy vanaf Maputo oor Maputo baai ry tot by Camp Carlos.  Dit neem ongeveer 1 uur afhangend van die gety en weer.  Onthou om asseblief eers by die Hawemeester goedkeuring te kry voor jou vertrek vanaf Klub Nautica of Klub Naval in Maputo.

VANAF DURBAN

Neem die N2 noord na Pongola.  By Golela grenspos gaan jy Swaziland binne en ry na Goba grenspos net ná Siteki.  Vanaf Goba is dit afwaarts Maputo toe.  Besoek eers die Hawemeester voor jy vertrek vanaf Klub Nautica of Klub Naval.

VANAF PRETORIA / JOHANNESBURG

Neem die N4 oos.  Ry tot by Komati grenspos.  Deur die grenspos verander die snelweg na die EN4, al die pad Maputo toe.

Prosedure by Grensposte

Golela grenspos:  - Vul eerste invoer- uitvoerpermit in vir jou voertuig voor jy doeane to gaan

                        - Stempel paspoort by doeane

                        - Loop na Swaziland se kant

                        - Vul vorms in vir paspoorte en stempel

                       - Betaal R50.00/voertuig vir 'n padfonds

Goba grenspos:    - Stempel paspoort

                         - Vul invoerpermit in vir voertuig

                         - Ry na Mosambiek se kant

                         - Stempel paspoort en betaal R17.00 per persoon

                         - Hou voertuigregistrasiepapiere byderhand om vorms in te vul. R10.00/voertuig

                         - Neem 3e partyversekering uit. R150.00/voertuig en R80.00/sleepwa

                                                               

                        - Jou voertuig gaan geïnspekteer word deur 'n beampte waarna hy jou 'n "gate pass" gaan gee wat hy geteken het.  Kyk dat dit geteken is. Toon dit voor jy deur die hek ry.

                        - Geld kan ook hier geruil word

* Onthou die Bek en klou kontrolepunt naby Siteki as jy terug kom van Mosambiek.  Wees bewus dat  rou vleis gekonfiskeer kan word indien gevind.

Prosedure by Hawemeester

Staan ongeveer 1uur af vir al die nodige dokumentasie aan die Hawemeester voor jy Klub Nautica of Klub Naval toe gaan.  Sy kantoor is op die kaai by die hawe. *Kyk GPS punt hierbo en kaart

Verpligtend - Skipperslisensie

                   - Seevaardigheidsertifikaat vir boot

                   - Volledige veiligheidstoerusting

Jou boot gaan deur die Hawemeester geïnspekteer word. Hy gee jou skriftelik toestemming dat als in orde is. Vra dan die aanwysings na die permitkantoor.

                   - Bootpermit en Visvanglisensie moet in meticais betaal word.

                   - Vertrek na Klub Nautica of Klub Naval *Kyk GPS punt hierbo en kaart

                   - Parkering is beskikbaar teen 'n minimale fooi

                   - Daar is sekuriteit maar niks word gewaarborg nie

                   - Toon jou permit voor jy die water in vaar

Baie belangrik! Maak asb seker dat die weerstoestande gunstig is om van Maputo na Camp Carlos te ry. Ry liewer tydens hoogwater.  Daar is baie sandbanke en eilandjies tydens laagwater.

INDIEN JY NIE JOU EIE BOOT HET NIE ...

Daar sal 'n boot beskikbaar wees wat jou na Camp Carlos sal neem vanaf Maputo.  Kontak gerus vir Carlos op 0025 882 301 1850. Bespreek die boot vroegtydig asb.