Camp Carlos het 24 uur elektrisiteit.  Alle kamers het lugverkoeling en warm water.  Bring net jou eie driepunt-prop.

Chalets, Houthuis en Carlos se huis kan apart of as eenheid bespreek word.

Daar is selfoonopvangs.

CHALETS

 Thumbnail Thumbnail Thumbnail Thumbnail
 

Daar is slaapplek vir 24 persone.  Van die kamers slaap 2 of 4 persone met semi-privaat badkamers. Die chalets word daagliks gediens.

GEMEENSKAPLIKE KOMBUIS

ThumbnailThumbnailThumbnail

Daar is 'n kombuis-lapa wat volledig toegerus is met yskaste, vrieskaste,  gesuiwerde drinkbare water, stoof en alle kombuistoebehore.  Daar is braaigeriewe asook plastiekstoele en tafels.  Bring gerus jou eie opvoustoel saam.

CARLOS SE HUIS

ThumbnailThumbnailThumbnailThumbnail

 Daar is verblyf vir 8 mense.  Word daagliks gediens.  Volledig toegeruste kombuis.

 HOUTHUIS

ThumbnailThumbnail Thumbnail Thumbnail
 Verblyf vir 8 volwassenes .  Die houthuis het 'n lieflike uitsig oor Maputo baai.  Word ook daagliks gediens.  Volledig toegeruste kombuis.

DIENSTE

-   Slaapkamers word elke dag gediens

-   Skottelgoed word gewas

-   Klere word gewas indien jy vra. Tariewe beskikbaar by Santos

-   Kamp word skoongemaak en gevee

-   Vis word skoongemaak en gefillet (neem jou eie plastieksakke saam vir verpakking)

-   Bote en jetskis word gewas en na omgesien met getywisseling

-   'n Wag is teenwoordig deur die nag om na bote en jetskis om te sien.

BRING DIE VOLGENDE SAAM :

-   Eie kos

-   Drinkwater

-   Eie drank

-   Charcoal

-   Toiletpapier en toiletspuit

-   Handdoeke

-   Seep (vir was van klere en persoonlike gebruik)

-   Muskietweerder

-   Skoonmaakmiddels vir kombuis en skottelgoed

-   Dubbelproppe

-   Plakker met geel driehoek op blou agtergrond wat voor regs en agter regs aan voertuie en sleepwaens aangebring moet word

-   Geel weerkaatsende baadjies vir bestuurder (Wet in Mosambiek)

-   2 x rooi driehoeke (Wet in Mosambiek)

-   Voertuigregistrasiepapiere of toestemming van eienaar indien dit nie jou eie voertuig is nie.

-   Paspoorte - visums is nie nodig vir SA burgers

-   Onthou alle nodige dokumentasie vir jou boot en Jetski indien jy een saambring

-    Brandstof.  Hervul by Kwankwanazi voor jy Ponta grenspos deur gaan.

-                    Hervul in Maputo voor jy met jou boot na Camp Carlos gaan.

-   Geduld en humor

DAAR IS :

-   Selfoonopvangs

-   Ys

-   Drinkbare water

-   Beddegoed

-   24 uur elektrisiteit

-   LugreĆ«ling in alle kamers.

NOODDIENS : Kontak Bernie 084 309 3810 (helikopter)

ONTHOU : Daar is muskiete - nie baie nie, maar dit is 'n malariagebied.

DAAR IS GEEN :

-   Winkels

-   Toegang vir voertuie tot by kamp. 

Parkering is beskikbaar teen R30.00 per dag vir voertuig waar Santos julle gaan oplaai met die "rubber duck".